malmoeder in die huis…

so hier is dit nou. my eerste blog. hoekom? want ek wil. oftewel dit is die antwoord wat ek by my BAIE hardkoppige 3 jarige fashion-queen / ballerina-pop / rabbedoe-wat-nie-mooi-kan-sit-nie sou kry.

nee maar rerig? hoekom? want ek wil! haha.. okey, nou verstaan jul seker vanwaar die naam malmoeder…

vanoggend was een van DAAI oggende. dit reën katte en honde net toe ons moet ry vir skool. madam Kara soek haar sambreel.. waar is die sambreel? in die lapa…. malmoeder het nie tyd vir lapa sleutel gaan haal nie, so madam moet maar net happy wees met haar baadjie wat die reën keer. toe ons die kombi uit reverse, sien madam die

lapa is oop (want die tuin-ingenieur is daar) en MAAK my stop (met daai tantrums wat sy so kan gooi). onder streng protes ruk ek die kombi se deur oop en hol sy in die reën om die sambreel te kry.. darem het ek toe weer ‘n happy kind..

toe sy weer in die bussie is, toe besef ek ek moet seker maar meneer Aldo se sambreel ook opspoor. hierdie keer kry ek die beurt om te hol in die reën en kry darem meneer se sambreel opgespoor… toe is ons gereed om te ry…

EN TOE??? toe wil die hek nie toemaak nie!!!!!

ek neem toe maar ‘n “executive decision” dat die hek moet oopstaan vir ‘n ruk.. ek sal oppad werk toe besluit of ek daar wil stop om die storie uit te sorter…

by meneer se skool is die verkeer chaos – so ons stop veeeeeeeer. (darem het ons sambrele)..

by madam se skool is my skoene al papsopnat en hol sommer kaalvoet in (madam met haar reënboots)..

stop oppad werk toe by die huis – sort die hek uit…

maar toe – net toe ek wil begin negatief raak oor die dag so begin, besef ek dat as ek waarlik in die Gees lewe, sal ek die oggend se “gejaag in die reën” omskakel na die oggend se “dans in die reën”… en net daar sê ek jammer vir ‘n kort humeur en daai menslike negatiwiteit wat wil wil deurslaan, en slaan ek oor na Karlien met ‘n groot smile op my gesig…

“ek wil net dans, net dans in die reën, ek wil dans tot jy omkyk, al dans ek alleen, jy hoef nie te praat nie, en niks maar meer saak nie, ek wil dans in die reën”